As my hart kon

As my hart kon vrylaat, wat binne in hom opgedamp is
sou dit dalk beter wees
As ek vir die wêreld kon skreeu daar waar dit donker is
sou dit dalk beter wees

Beter wees vir my, en beter vir my siel
O Here, gee ontvlugting
En bring vir my,
daar waar my trane opgedamp in my wange sit
'n Sakdoek net vir my

As my oë kon uitspeel die donker rillers van my hart
sou dit dalk beter wees
As my mond kon roep, en my hande smeek om hulp
sou dit dalk beter wees

Beter wees vir my, en beter vir my siel
O Here gee ontlading
En bring vir my 'n spoegsel grond
Sodat my hart se droë krake
mag heel word, maak gesond!

As my trane in letters kon verander, en die druppels val as rou
sou dit dalk beter wees
As u trane Here dalk oor my, my diep selfsugtigheid kon deurnat
sou dit dalk beter wees

Beter wees vir my en beter vir my siel
My Here gee tog vrede
En skenk aan my gemoed
Gewilligheid o Here, om uit te strek na bloed
Bloed gestort vir my!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!