31 Jaar en 2 Dae (Skuins voor 2009)
Nou ja, so is dit. Nog 'n snelle lewensjaar het sy verskyning gemaak, en is verby. Terselfde tyd het nog 'n kalender jaar ook tot 'n einde gekom. Sjoe. Wat kan ek oor hierdie jaar se wat verby is... wel.. baie dinge. Nabetragting Eerstens was dit 'n jaar vol opwinding vir my maar ook ene vol teleurstelling. Dit is sleg om met die teleurstelling te begin, en erger nog dat dit iets van een van my nie amptelike lewenskringe moet wees. Is hierdie kring dan my prioriteit? (Ek hoop nie so nie, maar dit is die aspek wat ek as ek terug moet dink oor die jaar, die eerste by my opgekom het, en jou eerste gedagte is gewoonlik jou sterkste gedagte, dan moet ek dit maar noem.) Jip. Dit is soos ek voel, en oor gevoelens (so leer iemand my) kan niemand met jou oor stry nie, juis omdat dit jou eie is. Ek voel teleurgestel deur sekere topstrukture, wat helaas rugraatloos en sonder sement is. Om nie eers te praat van eie-ekblangsoekendheid nie (my eie woord!) En dit is ek dink, een van d...