Handeloos, Voeteloos ek is sprakeloos


Die son sak en die water is rustig! Vleesbaai is vreeslik, vleeslik en geestelik rustig.


Ek het gister gese dat ek vandag iets gaan skryf oor 'n gebeurtenis wat met my plaasgevind het aan 'n besoek by die kaap.


Dit was 'n baie ... onbeplande.. en onverwagte iets, iets wat 'n mens moet raaksien om dit werklik te sien. En as jy dit sien, kyk 'n mens so maklik daarby verby.


Hierdie jaar, (2008) was die tweede keer dat ek en my suster saam die Kaap besoek het, en na aanleiding van ons vorige jaar se groot ekskursie en ete by die VA wanterkant se Ocean Basket het ons besluit om dit hierdie jaar weer te doen.


Ek was nogal moeg teen die tyd dat ons daar gekom het, my suster wou nie weer vanaf ons Hotel na die Waterkant loop nie. (Sy was dalk bang sy waai weg!) :-)


Terwyl ons oppad was na die ingang van die Ocean Basket, het ons iets merkwaardig gesien.


Daar kom 'n persoon op 'n rolstoel aan, en vanselfsprekend was dit nie iets in besonder nie, maar soos ek reeds gese het, baie keer moet 'n mens werklik kyk, om te kan sien. Met 'n beter kyk sal ons agterkom dat die man in die rolstoel, glad nie bene het nie.


Iemand stoot die jong man voort in sy stoel, en met die derde kyk sal ons sien dat die man ook nie bene het nie. My brein het vir 'n oomblik gaan staan, gestop om dinge te liaseer, en my tweede gedagtewereld het ook tot 'n ruspouse oorgegaan. Sien jy werklik wat jy sien? Ja word dit beaam deur Karin, "Sien jy!, Se dankie ne, se dankie"


Ek kon nog nie dankie se nie, nog nie, die oomblik was te groot. My verstand hervat sy werksaamhede en my tweedegedagtegang skop in. Vrae wremel by my op, en ek kan dit nie keer nie:


Hoe eet die man?

Hoe drink die man 'n kannetjie koeldrank?

Hoe maak die man 'n lekkergoed oop?


Die suiglekker in my mond raak smaakloos.


Hoe help die man homself in 'n badkamer?

Hoe trek hy aan?

Hoe...

Hoe...


Hoekom Here?


Daar is 'n man wat die man in sy rystoel rondstoot... Is die man sy arms en bene?


Dadelik laat dit my dink en vra vrae...


Sal ek bereid wees om vir iemand anders sy of haar ledemaat te wees, nie net met tussenposes nie, en op sekere tye nie, nee maar vir altyd!


Christus het vir my, eenmaal twee arms kom leen, 'n sy en twee voete, daarby sy rug ook, saam met sy gesig, die leen van sy liggaam was nie net vir my nie maar vir almal.


Het ek daardie gesindheid? Nee, ek is jammer Here help my ook in my onwilligheid.


Ek het verder gedink, en my tweede gedagtegan het vir my gese dat 'n mens partykeer ook anders na die dinge van die lewe moet kyk?, en 'n tweede vraag het by my opgekom: Hoe gebreklik is ek werklik? Is ek gebreklik vir die wereld? Laat ek die Heilige Gees toe om my werklik in elke aspek van my lewe te lei? Wil ek dit wraagtig he?


Die antwoord ek dink vir elke mens is 'n nee, want die gees stry teen die dinge van die vlees, en ek verloor die stryd soms omdat ek my eie hande op my eie rolstoel se wiele vasslaan instede daarvan om die Heilige Gees op die handvatsels van my rolstoel te vertrou.


Here help my om my hande van die wiele af te hou, waai en werk deur my.


More vertel ek julle van "ouma Elsie"





Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!