En toe was dit die eerste dag!


Wel nou ja!


So gebeur dit seker, elke mens begin, registreer en siedaar, daar sit jy ook met jou eie gedagteplekkie in die kuberruimwereld (kappie volg later :))


Dit is soos julle kan aflei is die my heel eerste beplakking van 'n gedagte op die groot elektroniese spinerak!


Een van die vrae wat ek my moes afvrae is hoekom? Hoekom blog, en as jy blog wat gaan jy doen, wat gaan jy daar neersit?


Die vraag is seker, hoe diep gaan jy gaan?

En wat gaan jy als aan die mense vertel.


My uitgangspunt oor baie dinge in die lewe is dit: Ek is 'n nietige skepsel van die Almagtige Drie-enige skepper, die begin en die einde en die waaragtige voorsetting van my ganse bestaan!

As ek dus aanvaar dat ek Sy skepsel is dan moet ek kreatief wees aangesien die Vader kreatief is, en Hy my op 'n kreatiewe wyse geskape het.


Baie keer in 'n mens se lewe gebeur daar dinge wat 'n mens noodsaak om daaroor te reflekteer en neer te skryf. Soveel dinge gaan by ons verby sonder dat ons nabetragtend daaroor dink, sonder dat ons Christus se hand daarin sien.


Dit is my gebed dat hierdie Blog my sal noodsaak om Christus se hand en die Heilige Gees se uitwerking op my lewe raak te sien.


Laat die woorde rol..



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer