Koebaai, Nr12 Walvisdraai, Vleesbaai daar naby Mosselbaai






Nou ja, soos alle goeie dinge in die lewe, het my vakansie op vleesbaai ook vandag tot 'n einde gekom. En om terug te dink was dit twaaf dae van vreugde, lag sonskyn, donderweer en baie lekker rus! Om nie eers te praat van die eet nie. (Die ete by die Hotel op Albertinia noodsaak 'n inskrywing op 'n latere stadium, dit sal moet!) "Dit is swaar om jou laste te dra...", so lei die lied maar geen sekonde hier aan een van die mooiste plekke in ons land was swaar of swart nie.


Dit is 'n fees om saam met kinders van die Here vakansie te hou, en nie net vakansie te hou nie maar ook in 'n leerskool te wees. 'n Leerskool, van menswees, omgee, en ware famielie., en egte hegte Christenskap.

Ek is werklik dankbaar, en werklik geseend. (Kan nogsteeds nie, spesiale karakters tik nie)

Ek verlaat vandag mense vir wie ek lief geword het, en vir wie ek baie lief is. Net om te weet dat daar by my bestemming later vandag, net so baie mense is wat vir my omgee, en vir wie ek baie lief is.

Ek kan nie, wag om weer van hulle te sien nie.

Die Here is oorgoed vir my!

Ek gaan een van die boeke wat ek tans lees as 'n geskenk kry! Dit is 'n baie goeie boek, en ek sal julle later meer vanb hom en sy eweknie kan vertel.

Een van die dinge wat my altyd hier sal bybly op Vleesbaai, terwyl dit die 4de maal is wat ek hiernatoe kom, is die rustigheid, en kalmte, nee nie van die see nie, maar ook van die mense.


'n Stranddiensspan wat geestelik omsien, en die awesigheid van 'n gejaagdhied.


Dit is my hoop, om hierdie pas nogsteeds vir 'n rukkie aan te hou.


'n Ander lekkerte is die feit dat ons so lekker geesdrifting saam speletjies speel op vleesbaai (Yahtzee, Ticket to ride, Balgerdash, ens ens), al is daar 'n TV in die huis, is die TV vir 'n uitsending van die uitsaaier amper nooit aan nie, 2 minute maksimum op 'n dag, en dit, dit net vir die weervoorspelling. As meer gesinne tog net die ou 'Blaauwe oog' sal laat vaar / afskaal wat 'n verskil sal dit nie maak nie!


Die hoogtepunt van die vakansie (vir my) moet, die kersboodskap op vleesbaai wees! Aangebied deur Ds. Hennie Stander (Emiritus, nee nie die Prof nie), dit was 'n besielende boodskap, een waaroor ek later meer sal skryf.


Ek wil iets se en ek sal dit se: Soos Trappies altyd vir Ulula sou se. Boenbehalwe die feit dat, ek baie baie bly was oor die boodskap, en dat ek baie bly was oor die inhoud daarvan was dit vir my 'n riem onder die hart, om nog so 'n Christusgesentreerde, verlossende boodskap uit 'n NG predikant se mond te hoor. Sulke booskappe raak deesdae al hoe minder, in die NG kring. (Nee moenie my verkeerd verstaan nie, ek vaar nie uit teen die NG kerk nie, ek vaar uit teen Predikante wat nie meer die Woord van Christus hulle eerste prioriteit in hulle prediking maak nie!) Later meer oor hierdie, gedagte.

Nou ja. Die tyd loop uit en ek moet oppak.

Cheers vir eers! (Tata tannie Stienie!)

Abraham Buitendag.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!