Vandag het tot 'n einde gekom en as ek moet reflekteer was dit 'n baie geseende dag gewees. (Tot ek nie leer om die Alt+Syfer vir spesiale karakters op my skootrekenaar te maak nie sal my letter sonder tekens moet klaarkom) Ek kan nie kla nie, ek druf nie kla nie, en ek mog nie kla nie. God is groot en goed vir my!


Ek het begin om twee boeke te lees, beide handel oor dieselfde onderwerp. Sodra ek klaar is sal ek meer inligting oor die twee boeke gee. Wat ek wel kan se is dat dit twee boeke is met 'n onderwerp wat na aan elke mens se hart le, so ook myne, en in besonder ook!


Dit is wonderlik om te dink dat ek huidig my tyd kan spandeer saam met mense wat self so 'n impak op ander mense se lewens het. Dit is genade en ingrype van Bo dat ek ook deel kan wees van hulle lewenskringe.


Hier waar ek sit mis ek nogal my familie, ek wonder hoe dit met die ou kleintjies gaan en wanneer die derde entetjie haar verskyning gaan maak? Dit is so 'n wonder om te weet dat sy ook in Christus se raadsplan is. Ek mis ook my aanneemfamilie, en wonder hoe dit met hulle gaan. (Meer oor die spesiale familie in my lewe volg later)
(Die foto saam met hierdie gedeelte is die uitsig vanaf die huis waar ek tuisgaan tydens my vakansie in vleesbaai.) Om uit te kyk na God se skepping en elke deel van Sy handewerk in die natuur te aanskou is werklik 'n voorreg, en bring die vraag by my op: Wat is die mens dat U aan hom dink...
Ek leer soveel dinge en word blootgestel aan soveel aspekte van die lewe, ek kon nie vir 'n beter voorbeeld vra nie.


Ek beplan om more oor iets te skryf wat met my gebeur het toe ek en my suster onlangs in die Kaap was, dit was een van daardie dink oomblike in my lewe.... Een wat my tot meer as net dink gelei het... Een wat my noodsaak om daaroor te reflekteer, metakongisie te hou en dan daaroor te skryf.
Ek bid dat Christus vanaand op 'n besondere wyse Homself aan my sal openbaar.
Dankie Here vir vandag!


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!