Kersfees 2008

Dis kersfees, dis kersfees, die Heer het na ons gekom!

Hier op vleesbaai tans, het ons, soos die gebedslied van du Plessis 'n Helder Somer kersfees op hierdie stuk land.
Ek was vir die afgelope paar dae (3 ek dink, buitentikstedig) nie instaat om op die blogruimte iets te tik nie. Dit was als a.g.v. 'n sameloop van omstandhede buite my beheer! So askuus as iemand... haha iets gemis het. ;-)

Ek het die afgelope paar dae baie gehad om oor te dink, baie oor kersfees en baie oor sommer dinge wat by my opgekom het. Ek het so baie dinge raakgesien maar min gesien, tog het daar op drie geleenthede die vakansie iets gebeur, wat my genood het om weer te dink en werklik te sien.


Die eerste gebeurtenis het ek julle reeds van vertel, dit was die keer in die VA waterkant, met die man sonder arms en bene, die tweede geleentheid was dieselfde aand nog.


Ek en my suster was oppad na die Pick n Pay wat tot laat toe oop is in die sentrum, om lekker varsgemaalde koffie by die winksel se selfhelptoonbank te koop. Dit is een van min Pick en Pays wat so 'n hoekie het waar 'n mens varsgemaakte en gemaalde koffie kan kry. Kyk gerus volgende keer daarvoor uit as jy weer in Kaapstad is en by die Waterkant aankom. 'n Mens kan dit nie mis nie, bo-enbehalwe dat die geur van die koffie 'n mens vir meters lank na binne roep, is dit reg aan jou regterkant as jy by die winkel inloop. 'n Mens kan jou eie bone kies en keur, en dit laat maal en verpak. Daar is vreeslik baie van om te kies en te keur, en vir 'n totale koffie liefhebber soos ek, kan dit jou nogal 'n entjie terug sit, jou tassies aansienlik swaarder maak vir die vlug huistoe. :-)


So gebeur dit toe dat ek en my suster daar aankom om vir ons koffie te bestel, sy besluit egter eerder op 'n warm sjokolade.. (Almal het maar erens 'n fout) By die besteltoonbank aangekom, is dit opvallend om te sien dat behalwe die koffie, daar ook peuselhappies en snoeperye te koop aangebied word, van gebraaide worsies, tertjies, soet en sout asook vars gebakte aartapelskyfies. En dit is toe my oog iets opmerk! En die keer toe ek dit opmerk het ek dit dadelik raakgesien. Ek ken die persoon glad nie, maar vir die gebeurtenis sal ek haar sommer ouma Elsie noem.


Ouma Elsie is 'n goed bejaarde persoon, wat deftig uitgevat is in 'n snyerspakkie wat ek skat vanuit die 70'tiger jare dateer, haar hare is mooi versorg, en die skrapse onderlaag op haar gesig verberg al vir baie jare lank glad nie meer die plooie nie. Aan haar loopring hang 'n gehekelde sakkie. Ouma Elsie loop nog sterk en ek dink dat die loopring meer daar is as 'n steunpilaar as 'n loophulpmiddel. Die vonkel in haar oe het nog nie uitgedoof nie. Statig gaan staan sy ook in die lang tou om by die snoeperytoonbank ietsie te bestel.


Ek hou haar intens dop. Bejaarde mense het 'n baie baie sagte plek in my lewe aangesien my grootouers so 'n lewensveranderende rol in my lewe gespeel het. Ek sou glad nie ek gewees het as dit nie vir my grootouers was nie. Uiteindelik kom ouma Elsie ook by die bestelpunt aan! Haar een hand los haar loopring, en sy kyk op. Vriendelik en sagkuns, eers met 'n glimlag aan die toonbankassistent, beduie sy wat sy wil he. Ek merk op dat die assistent, een maalvleisbolletjie en een klein worsrolletjie, vir haar in 'n bakkie sit. Sy beduie na die kraakgoue skyfies ook. Die assistent skep 'n klop in 'n opskepgrafie, en Ouma Elsie bly haar kop skud totdat daar net so 5/6 skyfies oor is, die assistent gooi die skyfies sommer ook in dieseldfe bakkie, en loop daarmee na die weegksaal, om die bakkie te prys.


Ouma Elsie krap rond in die gehekelde sakkie, om haar beursie uit te haal, sy soek, en krap en uiteindelik het sy hom! Die bakkie is intussen geweeg, en geprys en die prys vertoon op die betaalpuntskerm. Ouma Elsie sukkel om haar klein beursetjie oop te maak, en uiteidelik is hy oop, sy gooi die inhoud van haar beursie op die toonbank neer, my oog merk 'n klein gevoude tienrandnoot en so 'n paar munstukkies. En daar breek my hart, stukkend! Vrae rol oor deur my senapsis, en my oe raak dynserig.


Is dit al geld wat ouma Elsie het?


Wie is saam met ouma hier?


Is dit haar aandete?


Waar bly Ouma?


Hoe het ouma tot by die winkelsentrum gekom?


Die winkelassistent tel haar geldjies af, neem die tienrandnoot en meeste van die munstkukke op die tafel. Ouma Elsie sukkel om die geldjies met haar hande op te tel, sy hou haar een hand bak en gooi die paar oorblywende munstukke een vir een in haar ander hand deur hulle van die toonbank af te skuif. Daar val 'n kopermuntstuk, sy hoor hom nie en gaan voort om die res in haar beursie te sit.


Ek is vasgevang in my deurdrengelende gedagtes, 'n maalkolk van vrae, simpatie en deernis en trane. Ek lyk seker simpel voor die toonbank waar ons koffie melk steeds gestoom word, 'n tjankbalie sonder rede blyk dit dalk. Ek vee die trane uit my oe terwyl my een hand my dik beursie vashou! Nog vrae...

Ek het vandag al soveel aan my eie gemak spandeer, soveel vir my eie genot?

Hoeveel derduisende Ouma Elsies is daar nie nog in die wereld nie?

Erger en dieper nog, hoeveel maal beter af is Ouma Elsie nie as steeds baie baie ander miljoene mense in die wereld nie.

Ai Here, en dan kla ek so maklik, dan word ek so gou kwaad, so gou beduiweld as iemand durf skeeftrap in my selfgesentreerde gekkegenotsparadys, waar koning Ek koning kraai.

Ouma Elsie loop stadig met haar looprig na die tafeltjies, en gaan sit stadig op 'n hoe koffiekroegstoeltjie by 'n klein hoe tafeltjie, aleen. Ek merk haar sykose, daar is seker meer as een aan haar bene om die blou spatare te verberg. Of is dit vir beskutting teen die kaapse somerskoue? Ouma Else lig haar kop op en kyk, sy merk dat ek na haar staar, ek glimlag soos iemand wat uitgevang is. Sy glimlag vriendelik terug.

Wie en wat het Ouma Elsie die jaar vir kersfees? Wies oor? Of ergter wie is nog daar?

Haar verimpelde hande sukkel om die bakkie oop te maak, en heel laas is die bakkie oop. Ek hou haar skelm dop, wil nie he sy moet dink ek is weirdo nie. Sy kyk die bakkie kos aan en maak haar oe toe met danksegging.

My traanfontein kriewel, en die seels lek. Intussen moet ek betaal vir my koffie en 'n warm sjokolade. My suster merk nie my emosie nie, en my rooi oe val haar ook nie by nie.

Ons gooi suiker in ons drankies en uit die hoek van my oog hou ek steeds vir Ouma Elsie dop.

Sy eet stadig maar tog met lus, soos kinders op 'n sondagskoolpiekniek.

Wie en hoe is Ouma Elsie hier?

Waarnatoe gaan sy vanaand.

Haar oog vang weer myne, ek glimlag weer,maar die keer voel ek skuldig dat ek haar dophou.

Sy glimlag breer, en en ek beaam. Sy eet steeds stadig, ons loop uit. Net voordat ons verby haar loop, kyk sy weer op, maar die keer nie na my nie, ma na haar middeljarige seun wat met 'n kruidenierswaentjie by haar aankom.

"Hi, mom! Everything still fine?" is die vraag wat hy aan haar vra?

"Yes dear, I am alright"

My hart gee 'n sprong van dankaarheid. Ouma Elsie het iemand op aarde steeds wat na haar omsien.

En en as ouma Elsie nie iemand gehad het nie..... Kan ek 'n seun, met werkende hande, voete en liefde wees. Vir al die nie so bevoregte oumas en oupas nie.

Laat ons die kersfees en nuwe jaar meer hande, voete en harte vir ander wees!

Here help my om nie met blinde oe rond te loop nie!

Dankie dat U eenmaal gewilig was om na die aarde toe te kom om, ombesmette hande, voete en 'n hart vir my te wees.

Geseende Kersfees aan jou, wat ook hier lees.

+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+-+

As 'n nabetragting op hierdie gedagtelys, wil ek baie dankie se aan almal wat aan my gedink het hierdie kersfees. Dankie vir die mooi wense, mooi gedagtges en dat sommige van julle ook vir my geskakel het. Dit is vir my 'n gawe van bo, om mense soos julle te mag ken, en naby my hart te he.


"Blessings"


Bertie





Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!