Onvoorbereid, onverwags en onaangenaam! Verbrand!
Vandag het beter begin as wat gisteraand geeindig het. :-)
Baie mense sien my as 'n sterk linkerbreingeorienteerde (hoop dit is reg gespel, geen woordeboek byderhand) persoon, maar soms kan ek ook teen die en met die ingewing van die oomblik besluit om iets te doen. Soos gister. Ek is met 'n Godsgeseende en lewensvervullende vakansie by Vleesbaai, saam met soos reeds vermeld baie baie besondere mense.
Vleesbaai is so paar kilometer van Mosselbaai af, en ek en my vriend Pieter is gister soontoe. Dit is 'n mooi hawedorp met 'n diep geskiedenis, dit was vir my baie duidelik aan die besonderse argitektuur wat daar te vinde is in baie van die strate se pragtige geboue uit die verlede.
Ons is na die hawe toe, omdat die vlaggies my daarnatoe geroep het, daar aangekom, het ons besluit om op 'n robbe eiland bootvaart te gaan. Dit was vir later dalk die vakansie beplan maar nie spesifiek vir gister nie, en soos dit toe uitdraai het ek vinnig met twee kaartjies in my hand gestaan. Een vir my, en een vir my vriend Pieter. Ons het tyd oorgehad tot 10:00 en het sommer besluit om die hawe 'n bietie te verken, dit is werklik skoon en netjies! En by nadere nuuskurigheid het ons sommer 'n fabriekswinkel ondek wat die lekkerste seekos verkoop teen baie baie bilike pryse.
Ons is ook die die vaslegplekke vir mense se bote en seiljagte, dit het gewissel van die gewones tot die ultramoderene en luukse. En die gedagte het pas by my opgekom om te vra, hoeveel Bybels kan geskenk word vir die prys van een van die skepe.
Om my storie verder te vat... vind ons toe die boot waarop ons na die eiland sal vaar, opgeklim het daar so ietsie van 'n Bybelse gevoel by my posgevat, ek het gewonder hoeveelmaal Jesus self ook op 'n skuit was.
Dr (Ds) Willie Marais het eenkeer een van die mooiste voorbeelde gebruik in een van sy preke, hy het gese: "Ons is almal op 'n lewensboot, en ons weet dat daar storms en onstuimige water sal kom, maar EEN ding weet hy ook, dat as Christus saam met jou aan boort is jou boot nooit sal sink nie!"
Die rit was werklik aangenaam, deels sonskyn en deels bewolk! Op die boot en vooraf het ek geweet dat ek nie sonroom saamgeneem het nie, en dat ek wel gaan sonbrand opdoen. En het ek nie!
Terug by die huis kon ek voel dat ek seer gebrand het. Na ons bootrit is ons ook gou by 'n Kubaanse restaurant langs om iets ligs te eet, daarvandaan na die Pick n Pay om 'n paar goedjies te koop onderandere, nasonbrandroom. Opgespuit in die motor oppad terug vleesbaai toe en onder die verkoeling van die lugversorger, het ek by myself gedink... Ag wat dit is nie so erg nie: Tot later gister middag. Dit was erg en dit was seer ook, en gistermiddag en gisteraand was maar vir my baie baie eina! Verbrands!
Terwyl ek so op my bed le en amper jammer voel vir myself het daar 'n paar gedagtes by my opgekom: Baie mense soos ek gaan baie keer onvoorbereid in dinge in die ou lewe in, sonder om te dink aan die nagevolge daarvan. Baie dinge of gebeurtenisse kan baie verskillende uitkomstes he, maar die feit bly staan dat elke gebeurtenis slegs een uitkoms kan he, en as die uitkoms plaasgevind het, is daar geen verandering daaraan nie, dan is dit in die verlede, dan is dit en dan was dit.
As ons tog partykeer net meer voorbereid is!
Dit het my dadelik laat dink aan die gelykenis van die 10 meisies met hulle lampe, vir 5 was die uiteinde so pragtig en vir die ander 5, so verdoemend, verdoemend verewig.
Dit het my laat vra hoe is my lamp se stand van olie?
Here, gee my olie in my lamp!
Nee nie wereld olie nie, maar Christus Olie!
Amen.
Ek weet dat ek gese het dat ek vandag wou skryf oor Ouma Elsie, van die Waterkant, maar dit liewer vir more. As die Here my spaar.
Comments
Post a Comment