Posts

Showing posts from September, 2010

Videos twee gedigte

Ek het besluit om te probeer om twee van my gedigte met my webkamera op te neem en op te laai. Dit is die eerste keer dat ek so iets doen, so ek beskou dit maar as 'n toetslopie. Dalk laai ek in die toekoms meer op. Wie weet? B

Gebed vir 'n trompet

Here, hoekom sal in my hart nog trane opdam as ek na U aardse lewenskepping dink? -Ekself Here, waarom val en stamp ek willens so as ek by U fontein wil water drink? -Ek wonder Here, wanneer kan ek u berg met oorgawe bestyg as my smeekgebede soos dooie eggo's klink? -Ek pleit Here, watter dag tog in U daeraad lank reeds beplan as ek vra? Wees my naby, in my! Here help tog flink! -Ek hoop Here, en wanner die Self weer dink en die wonderfontein se water wil drink die wedergeboorte met trane pleit Gee dan aan my die hoop tog flink Dat u vir my 'n beker skink! en 'n trompet weer in die Hemel klink! Amen

Toemaar die aleen man

Toemaar die aleen man, het sy hand uitgesteek en jammer die besigman, het dit weggeklap Toemaar het toe weer probeer, met 'n ander hierdie keer en aggenee die liefdesman, het dit aggenoegsaam afgekam Dalk dink toemaar die derde keer, dalk kry toemaar nie weer seer en as-se-skuustog gaan net weg, klap ou toemaar tog maar weg Toemaar is maar weer aleen, tog soos vroër die derde been in hierdie nare tydsonwenteling iewers onder 'n sterrekring Sit toemaar die aleen man en doen sy naam gestalte.

Hier's ek weer, hier ek weer met 'n skryfding op die deur.

Ai. Dit is net lekker om op 'n Sondag oggend te kan opstaan, uit te kyk by die venster en die hoop van rëen in die lug te sien. Wat 'n fees sal 'n ou stortbui nie wees nie. Ek het lank gesit en gedink en bepeins oor wat ek vandag sal tik, of wat ek van onslae wil raak in my gedagtes. Hierdie is soos baie van julle al dalk agtergekom het my ontladingsmeganisme. En uiteindelik het ek dit. Vandag se inskrywing gaan wees oor dinge wat ek dankbaar voor is. Nou moet ek sommer al in die begin sê dat dit vir my onmoontlik gaan wees om alles hier op te skryf so ek gaan begin met mense. Mense wat 'n rol in my lewe speel en wat die omgang in my alledaagse bestaan die moeite werd maak. Om te begin en wie omn te kies om mee te begin is egter nie so maklik nie, so die beste manier dink ek is net om te begin in geen orde nie, en te tik en te laat wqaai. Eerstens is ek dankbaar om nog 'n Pa op hierdie aarde te hê, alhoewel ons nie baie in gemeen het wat belangstellings of gesprekke

Dalk ....Dink dink dink doen sê, watookal die letters is.

Dagsê aan myself. Dit is jou binneste hierdie. Jy het my afgeskeep, of so voel ek. Maar ons is so een dat die werlikheid skreeu teen die plafon. Iewers voel dit soms soos 'n hok, en 'n horlosie, om om om, 12, 1, 2, 3 weer 12, 1,2,3,4 weer en weer. Om en om. Selle ou storie. Kom ek noem hierdie sommer so 'n terapeutiese geleentheid tussen my vingers, my gedagtes, die sleutelbord en die kuberruim, en ook tog in die vreemde 'n korte konneksie met die leser van hierdie gedagtewarboel. Hoekom sal ek dit tik, hoekom sal ek alles tik? Geen mens weet nie. Op die oomblik voel ek vasgevang soos 'n hoender in 'n hok, selle meel selle geselskap selle alles oor en oor. En genade, eks nie gemotiveer nie, dit is sommer saam met die kind en die badwater by die agterdeur uit. Wat sal jy vra? Kom ek noem dit die lus. Ander mense sal dit dalk luihuid noem, dit ook. Vanoggend se erendiens by die kerk, was weer een van daardie ander geleenthede. Een waar 'n mens retrospektief e

Lentegedagtes

Wat sal ek in die lente sê? waar sonskyn lag en vreugde is en nuwe lewe bot Waarom sal ek huil? Wat sal ek in die lente dink? waar blomme groei en lewe is en winter deel van gister is Hoekom my gedagtes ruil? Wat sal ek in die lente doen? Waar lenterëens nog erens hunker om al die gisters weg te was. Hoekom, waarom vra? Here gee tog dat hierdie lente Wat vol van U belofte is êrens in my lewensdrome Iets opkom wat houbaar is.

Dit is Lente!

Daar is werlik op die oomblik nie iets waaroor ek meer goed voel as juis die feit dat dit nie meer koud is nie. Ek het gevoel dat hierdie winter vir my persoonlik nog die ergste en goorste een nog. Die ou winter wat verby is het nie net, koue in die fisieke vorm gehad vir my nie maar ook in die psigisiese ruim het ek verkluim. (Of soms het ek so gevoel) Op die oomblik voel ek goed, lyk ek beter! En is dankbaar vir soveel dinge. My beste vriend se altyd! "BE BOLD! and increddible FORCES will come to your AID" Wel 'n epos was dalk in die regte rigting! Wie weet. :-)