Lentegedagtes

Wat sal ek in die lente sê?
waar sonskyn lag en vreugde is
en nuwe lewe bot
Waarom sal ek huil?

Wat sal ek in die lente dink?
waar blomme groei en lewe is
en winter deel van gister is
Hoekom my gedagtes ruil?

Wat sal ek in die lente doen?
Waar lenterëens nog erens hunker
om al die gisters weg te was.
Hoekom, waarom vra?

Here gee tog dat hierdie lente
Wat vol van U belofte is
êrens in my lewensdrome
Iets opkom wat houbaar is.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!