Hier's ek weer, hier ek weer met 'n skryfding op die deur.

Ai. Dit is net lekker om op 'n Sondag oggend te kan opstaan, uit te kyk by die venster en die hoop van rëen in die lug te sien. Wat 'n fees sal 'n ou stortbui nie wees nie.

Ek het lank gesit en gedink en bepeins oor wat ek vandag sal tik, of wat ek van onslae wil raak in my gedagtes. Hierdie is soos baie van julle al dalk agtergekom het my ontladingsmeganisme.

En uiteindelik het ek dit. Vandag se inskrywing gaan wees oor dinge wat ek dankbaar voor is. Nou moet ek sommer al in die begin sê dat dit vir my onmoontlik gaan wees om alles hier op te skryf so ek gaan begin met mense. Mense wat 'n rol in my lewe speel en wat die omgang in my alledaagse bestaan die moeite werd maak.

Om te begin en wie omn te kies om mee te begin is egter nie so maklik nie, so die beste manier dink ek is net om te begin in geen orde nie, en te tik en te laat wqaai.

Eerstens is ek dankbaar om nog 'n Pa op hierdie aarde te hê, alhoewel ons nie baie in gemeen het wat belangstellings of gesprekke betref nie. Begin ek hom al hoe meer verstaan, en is ek baie dannkbaar vir al die dinge wat hy vir my doen, tans asook sommer oor die algemeen. Ek is dankbaar dat daar 'n groter Hand is wat ook om hom omsien deur in die gedagtes van ander te werk. Ek is bly dat ek kan sien dat daar sin en 'n wilsbestaan in hom is. Iets wat ek gedink het eens weg was. Ek en tannie Helen het gister sommer gegaan vir 'n rondrits en dit was lekker! Ek het vir die tweede keer die noemenswaardige Fruit&Veg City in Montana besoek en dit was vir haar ook nogals 'n belewenis. :-) Dit was lakker om te kan sien hoe sy ook van Sushi hou. Iets wat my pa nie eers uit selfverdedighing sal eet nie. Ek is dankbaar vir die mooi verhouding tussen ons. Sy en my pa klomplimenteer mekaar, en dit is mooi! Iets wat ek voor kan opkyk.

Ek is ook baie dankbaar, (en daaroor ek ek al geskryf) vir die Lombard's! Dit is eintlik baie baie moeilik vir my om in vwoorde om te sit hoe ek voel oor die besonderse gesin. Die Here het werklik op die regte tyd vir my bekend gestel aan die 7 harte wat die Lombards uitmaak. Nou 6. Ek kan die skakel tussen hulle en die genade en die liefde van die Here sien en nêrens vir my is daar 'n groter danbaarheid en teken van God se liefde as juis dit nie. Mag die Here tog gee dat die familie se grootste lewensideale verwesenlik word, dit gestalte vind en Hy die eer daarvoor sal kry.

Ek is ook dankbaar vir 'n broer, met kinders en 'n vrou wat vir hom en hulle met haar hart omgee. Sy drie kindertjies gee vir my die rede om dalk ook nog te hoop. Here gee tog dat u Gees soos 'n wind deur hulle sal waai. Dat die liefde en die genade deur sal breek en dat dit die weg sal baan vir hulle bereidswilligheidgesindheid vir U. Dankie Here dat hulle ook deel kan wees in my lewe.

Dan is ek ook baie dankbaar vir ware vriende, en mense wat my dra in gebede maar ook as mens deur allerhande tye. Eks dankbaar vir my werksvriende. Dankbaar vir my kerkvriende. En dan in besonder is ek danbkaar vir: Correlie, Hetsie & Ds Johan. Oom Potjie en sy familie elk by wie ek op 'n besondere manier al geleer het en 'n wyser mens geword. Eks dankbaar om te weet dat daar altyd iemand is wat vir my sal bid. Altyd iemand is wat my sal dra, en dat ek Mev HGE enige tyd kan skakel en te vra om te skep uit haar myns insiens magdom lewenskennis. Oor 'n koppie tee of selfs op die kombuistoeltjie as sy een van haar "wonderfullymarvelousonepotwonders" maak. Dankie Here vir so 'n persoon.

By die werk gaan dinge en die gemoedere soms, van broekskeurmoedeloos tot kookwaterkwaad, en dan is daar altyd nog iemand om te sê: "daar is altyd iets om oor dankbaar te wees" en die humor in die situasie te kan ontluik. :-) Dankie Here vir CMP wat daar is nie net as 'n werkskolega nie maar ook 'n vriendin.

Terwyl ons by die werk is: Is daar ook al die ou gesigte wat my die moed gee om in die kar te klim en werk toe te ry. Tannie Joey (nêrens het ek nog so iemand tee gekom wat die wil het om iets te doen soos sy nie). Heimo (een van die beste kolegas om mee saam te werk) en Marlo ('n "nuwe" werksvriend met 'n regte hart) Ag en sommer al die res wat dit net lekker maak deur kwaad, verskil van opinie maar 'n gesamentlike vooruitgangsdoel. :-)

Dan is daar sommer net my pêlle, party si nou al gesinne :-) Die Viljoens: ek is dankbaar dat die Here dit so gegee het dat daar in my lewe tydens my studies wat persoonlik maar 'n turbulente tyd in my persoonlike lewe was ek kon maats maak met Andrè Viljoen. Dit is een pêl wat ek bly is ek ken. En waarvoor ek die Here kan dankie se voor. Hy weet dit dalk nie nou nie maar na dese sal hy (is dat ek baie van hom as mens al geleer het en dat ek opkyk na hom as persoon en Pa) Die Here het 'n Andrè 'n besonderse lewensmaat gestuur. En ek is dankbaar dat ek haar ook meer as mens kan leer ken. Ek hoop ek kry eendag ook so'n vrou wat haar man "pamper" soos Ilze vir Andrè doen. (Ps ek weet die è is verkeerd maar om die lewe kon ek nie die regte een se ASCII kode onthou nie ;-0)

Net soos wat die Here vir Dawid verskillende vriende gegee het, en een Jonathan. So het die Here vir my een Johannes Micheal gegee. Die Here werk is besonderse maniere, en wat my die dag besiel het om Johan na my eerste klein woonstelletjie aan die huis te nooi sal ak nou nog nie weet nie, maar sederdien is ek dankbaar dat ek my lewe ook met hom kan deel. Johan is vir my 'n Mentor, 'n Pastor, en 'n PEL!. Nie net is hy die mees belese en intelektuele mens wat ek ken nie (maar hy laat mens nooit minderwaardig voel nie) Hoe hy sommer net nommers en adresse kan onthou nadat hy die eenkeer gehoor het (is enige iemand in sy lyn se grootste wens) Genade ;-) Sy "mental paper" blyk nooit op te raak nie, en hy is altyd gereed om met een van sy kwinkslae die wêreld vir my in te kleur, selfs al voel my lewe soms so vol dat daar nie eers plek is vir 'n ..... nie (dit is 'n interne grappie) Net soos vir Andrè het die Here vir hom ook 'n besonderse lewensmaat gegee, en ek is saam met hom dankbaar.

Dan het ek ook baie kennisse van die Seminare en mense wat ek sommer baie keer dinge met my lewe kan deel! Daarvoor is ek ook Dankbaar. Ek is dankbaar vir mense wat altyd bereid is om vir my te bid. So baie name kom op maar ek moet dankie se vir Celia (my seminaar ma) en ook (oom Faan en Leah) en sommer al die ander ook.

Later sal ek skryf oor mense oor wie ek dankbaar met wie my lewe al gekruis het. Ek vertrou en glo dat elkeen van hulle deel was van God se plan in my lewe.

Cheers vir eers (Dit is nou amper tyd om klaar te maak om voorsang te gaan oefen)

Die uwe ekke AAKB

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!