Gebed vir 'n trompet

Here, hoekom sal in my hart nog trane opdam
as ek na U aardse lewenskepping dink?
-Ekself

Here, waarom val en stamp ek willens so
as ek by U fontein wil water drink?
-Ek wonder

Here, wanneer kan ek u berg met oorgawe bestyg
as my smeekgebede soos dooie eggo's klink?
-Ek pleit

Here, watter dag tog in U daeraad lank reeds beplan
as ek vra? Wees my naby, in my! Here help tog flink!
-Ek hoop

Here, en wanner die Self weer dink
en die wonderfontein se water wil drink
die wedergeboorte met trane pleit
Gee dan aan my die hoop tog flink
Dat u vir my 'n beker skink!
en 'n trompet weer in die Hemel klink!

Amen

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!