Dalk ....Dink dink dink doen sê, watookal die letters is.

Dagsê aan myself.

Dit is jou binneste hierdie.
Jy het my afgeskeep, of so voel ek. Maar ons is so een dat die werlikheid skreeu teen die plafon. Iewers voel dit soms soos 'n hok, en 'n horlosie, om om om, 12, 1, 2, 3 weer 12, 1,2,3,4 weer en weer. Om en om. Selle ou storie.

Kom ek noem hierdie sommer so 'n terapeutiese geleentheid tussen my vingers, my gedagtes, die sleutelbord en die kuberruim, en ook tog in die vreemde 'n korte konneksie met die leser van hierdie gedagtewarboel. Hoekom sal ek dit tik, hoekom sal ek alles tik? Geen mens weet nie. Op die oomblik voel ek vasgevang soos 'n hoender in 'n hok, selle meel selle geselskap selle alles oor en oor. En genade, eks nie gemotiveer nie, dit is sommer saam met die kind en die badwater by die agterdeur uit. Wat sal jy vra? Kom ek noem dit die lus. Ander mense sal dit dalk luihuid noem, dit ook.

Vanoggend se erendiens by die kerk, was weer een van daardie ander geleenthede. Een waar 'n mens retrospektief en introspektief na 'n mens self moes kyk. En my eie selfverslag was nie een waarop ek trots kon wees nie. Here help tog hier.

Die week wat kom gaan weer wees soos die ander, en dit is die ergste. Die feit dat die kring so voorspebaar is. 3,4,5,6 ens ens 3,4,5,6 later weer 12.

Ek voel soms soos iemand wat so vasgevang is in 'n groef van dinge dat uitklim by die dag moeilikker raak, en die modder al hoe natter al hoe sagter. Maar nou ja. Dit is deel van die lewe. Wat sal ek sit op 'n hoekie en inmekaargekrip voel of ek my eie senuwees wil afknaag. En om alles te kroon moet ek nog weke wag vir iets, hoe wonderlik.....

As jy dit lees en wonder wat hier aangaan en of ek nog "oraait is", moenie "warry" nie. Ek is nog 10-4 of dalk beter gestel 10-4.5 :-) Ek tik maar net al hierdie goed om dalk op die ou einde beter te voel.

Dalk is môre anders,
wie weet?
Dalk is môre my enigste
gister klaar vergeet?

Dalk is môre dalk
nie daar nie
En my lewe
nog nie klaar nie

Here gee dat môre
ook vir tog anders is,
en binne aardseduisternis
kniel ek vir beteknis!

Here gee dalk nou
as in U daeraad wou
Opnuut 'n nuwe hart van vlees
willens, wetens teen U bors te wees.

AAKB

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer