Tatta oom Obama! Hello Caparero en ander en kom hier Douwe Egberts gee my 'n slukkie!
Dit was my laaste slapie in die VSA en vandag om 11:20 kom laai die bussie my op by my Hotel na die lughawe vir my vlug om 17:00. Washington is 'n mooi stad en met baie kontraste teenoor NY. Die geboue is korter, baie baie korter en die meeste is wit of liggrys of lig. Die mense hier is ook anders. Baie meer formeel, baie meer .... soos my ouma Anna sou se "Gekoller en getai". Ek was twee nagte hier in DC (ek weet nou nog nie waarvoor dit staan nie). Eergisteraand het ek laat eers by my Hotel aangekom omdat die vlug waarop ek was van Atlanta af hiernatoe vertraag was. (Een ding! Ek hou nie van Delta Airlines nie! Alles is ge-outomatiseer, alles om die dinge vinniger en beter te maak, maar ek dink ons inboekstelsel daar in SA werk beter. Jy kannie 'n sitplek kies nie! Nee jy wag dat die rekenaar ene vir jou toeken. Die tannie by die toonbank waar jy jou bagasie ingee is ook uiters onbeskof! So ook die balronde omie by die hek na die vliegtuig) Een ding wat my byval en ...