Posts

Taalsingspraakdilemma

Die antie sê my Ingels makeer Sy wil my gou-gou nou reg leer. "In Ingels is daar nie 'n ‘Err’ nie. Jy rol nie die klankie so vêr nie!" "You really should note, your pronunciation!” It is really a big problem with the Afrikaner Nation.”   “The R is somewhat silent; In: Crucified The tremble less terrible That’s how He died.” Regsó: Antie ek maak so: “Where you there when they ‘kôsiefied’ my Lord?” Antie…….Antie “Wat is ‘kôsiefied’ dan?” Het hulle dan nie Jesus vermoor nie? En wat van Sy wroeging? Het Hy nie Sy lewe verloor nie? Was jy daar met Jesus se kruisiging, was jy daar? Toe die spykers… deur die houtkruis kraak.** Was jy daar? ** Houtkruis

Life's transaction

Move it sell it Have a great day! Our trained professionals are with you all the way. You like it You buy it To make more money. To stack up to fill up your worldly honey And yet yet at the end the end of it all when deathbed's pillows are on call What then and why? Will the honeypot for you... cry?

Ek glo!

Ek lees 1 Tim 4:9  Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word. Heb 11:1-3 & 6  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. (6) En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Rom 1:20-22 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, ...

Die drein en dinge

Dit is die "Do" van die loo en die wasbakwater. Dit is die grou en die klippe en die agterplaaskrater. Dit is vrot, dit is siesa dit is alles sleg. Dit is naar dit is duur en die mooi is weg. En klop-klop.... klop klop wiesda.... ? Nog 'n rekening op my tafel My finansies  wat uitrafel. En dit te danke aan onnoselheid! Ja dit te dankie aan my onnodelheid! Ai togga mense.....  ek is spyt! En in retrospeksie..... "Follow me home.... " Said the pink and purple car. Ag genade tog... ek is naar!

My gebed vir 2014

Gee Here tog, dat Uwe nuwe jaar, in die maalkolk van U raadsplan vir ons aan diekant van die dowwe spieel, so sal wees dat die lig nooit verdwyn nie. Laat ons tog nie drogbeelde van die vyand sien nie nie roem op wat ons nie verdien nie! En ons altyd in U genade loop Ons oë gevestig op U Wees Here tog met my en onse kroos U skepsels in my lewenskring behoed en bewaaar ons dit vra ons onverdiend, onbetaald Help Here tog dat ons in gees en wese elke dag sal groei vir U op hierdie dorre aarde met droogtekrake eindsnikke van die tyd Here, Jesus Christus Wie anders? Wat anders? Sal vir ons ons heil bring! U alleen Amen

Uit die perd se bêk! (From the horses mouth)

Na onlangse gebeure in IT opvoeding, en die hantering daarvan asook talle uitlatings deur baie het ek op die volgende af gekom: After recent events pertaining to IT education, and the handling of the situation as well as some comments of many I have stumbled upon the following:   http://www.youtube.com/watch?v=Aa55RKWZxxI

Liewe juffrou bordkryt, tou. Hierdie woorde is vir jou!

Die kindjie moet op rittelin gaan sy maak haar juffrou te gedaan Juffrou is mos moeg! Die kindjie is glads al te wild, dit is die ouers se domme skuld Laat haar verstand bedaar! Gee die stroopies en kry klaar! Juffrou wil 'n rustige dag hê! As die ouers dan nie luister nie; Sal die kind vir hul sonde les op sê Juffrou sal dit nie duld nie! Juffrou maak jou stoel aan die tafel vas! Haal haar wonder bordkryt poeier uit die kas, en strooi dit oor daardie kinder koppie Die koppie met die las! Bedaar met hierdie poeier! Die ander kinders moet baie mooi sien Die juffrou het haar salaris verdien Vandag haar godgegewe taak gedoen, na die gebed in die personeelkamer. Die juffrou het die Bybel misgelees hierdie bles oom is dit bevrees want erens weet ek, staan daar duidelik, Die Groot leermeester sê so: "En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is ...