Ek glo!

Ek lees
1 Tim 4:9  Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word.

Heb 11:1-3 & 6  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
(6) En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Rom 1:20-22 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. 


My gebed
Here God, U Woord is betroubaar, en van kindsbeen af glo ek daaraan.
U hand is nog altyd oor en op my lewenspad.
U Gees en U liefde het mense op my pad gebring deur wie U, U self aan my geopenbaar het.
U liefde is sigbaar en tasbaar.

Here ek glo!
Ek glo in U, '
Díé Christus,wat van die begin van die skepping af daar was.
Ek glo vas in God die Vader,
wat heers in die Hemel,
en in die Gees wat U vir ons gestuur het
na die aarde.

Ek glo vas dat U sal terugkeer,
en dat op daardie dag!,
Ek deur U genade gered sal wees!
Dankie vir U kruisverdienste!
Dankie vir U gehoorsaamheid!

Maak my al meer na U beeld, Here.
En laat my U getuienis in geloof uitlewe!
In dankbaarheid.

Amen!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!