MB se derde inskrywing.... te midde van al die wrywing....

Maranatha Banana
Geagte Dr, Ds, Pastoor
Wat help dit dat jy
jou humeur verloor?

Jou salaris en status die het jy nog.

Maranatha Banana
Jou piesangs is minder
en tesame met die afleggings en salarisinkortings
Begin die mense skinder

Jou bestaansreg geanker in jou eie ego.

Maranata Banana
dit is 'Bannofee pie'
Die pastoor,en evangeliesasie
Laat die hare waai

Sê nou maar net dit was jy?

Maranatha Banana
Die preek met 'n ete
en grootlofprysingslawaai.
Na die laaste hap is alles vergete.

Wil jy regrig al die mense by die Here kry?

Maranatha Banana
Is jy regtig bekeer?
Vra jouself die vraag af
en dink maar weer!

Jy is self ook nie gebou op een klip nie.

Kom aan!
ek daag jou uit!
Stry met my!

Wat daarvan jy werk
sonder om salaris te kry?
Sal jy nog steeds by die piesangboot bly?


Sê my vir wie is jou sending dan eintlik?

Ek dog net ek vra.....





Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer