Vergewe Here

Vergewe tog Here;
Asseblief, as my woorde vetkryt teen 'n swartbord is.

Dit is gedagtes, dit is woorde, woorde in grepe êrens om en in die wolk.
Maar dit is my woorde Here.

Woorde uit myself,
nie woorde in groepies voor ander nie.
My woorde, soos 'n boek.
Vergewe die skewe koringare, in U gekamde koringoesveld.

En dankie dat ek mag weet: dat ek enige tyd U genadetroon mag binnegaan:

Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.(Heb 4:16) 

Dankie dat U genadige hoëpriester is. En ook my God is.

Amen.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer