Gedagtehartseerdenke

Here is dit sy....
Here so weerloos
aangetas deur die vinger van tyd...
en die arm van krankheid
in ons wêreld se seer gebrokenheid

Here is dit sy...
Here, so anders geknie
gedeeg
in gedaante
gedaan

Ag Here is dit sy?
Ontvang tog
in U tyd
U kind
gered
in die tyd
genadetyd


Amen

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!