Gebedsgedagte vir ons volk en nasie


Sal my hoof na die geberge
gerig wees waar die arend swerwe
Waar my God se toorn rus
Daar is liefde onbetwis
Wees U met ons

Sal ons volk in elk gedagte
vasgevang word in angskragte
Waar daar haat en ywer is
Volksmoord en Ubuntu is
Wees U met ons

Sal die Heer ons ooit begewe
Ons in angs, benoud verwese
Waar ons vol van sonde is
Werk in ons o Groot EK IS
wees U met ons

Heer herhinder ons, ons belofte
'n volk se eie bondsgelofte
Angsvol in die binneking
Was daar ryke lof oorwinning
U was eens met ons

Help ons God, om te besef
'Die Heer is Groot waar Sions top
Omwentel uit die dieptes op'
Bevestig dit in hart en kop
U is met ons!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer