Evolusieleuen!
Ek, ek in evolusie glo? en my God maak tot 'n sukkelaar? My God het die aarde in ses 6 dae geskep. [ יום yôm ] dag, nie millenia of eue nie dag. Dit is dit! As ek sukkel om dag in die skepping te verstaan en dag beteken baie meer... Dan kom my Jesus ook nie in drie dae opstaan nie, en na veertig dae opvaar na die Hemel nie, As dag ooit iets anders moet wees, is my Bybel nie God se woord nie. En Lukas negentien vers nege baie lank en twee Korintiërs ses vers twee dalk ewig en my redding nooit nie vandag nie môre dalk die satan se ou ou leuen Nee, Nee nogmaals NEE My God is GOD En as my Bybel sê 6 dae is dit ses dae! Dit is dit Want op U Woord kan ek my geheel en al verlaat!