cf. cf. meer en meer

Als is vandag oorweldigend Here
Als voel vandag te veel
Alles alles en nog alles alles in my keel.

Nog 'n artikel, en nog 'n stuk
nog 'n verwysing lees 'n ruk

alles alles en nog alles, 
nog 'n opmeet nog 'n maat
nog 'n interpretasie, op formaat

nog 'n diagram en nog 'n figuur
elke dag en elke uur

Internalisasie, 
konseptualisasie, 
kombinasie
externalisasie

Nonaka jou pes
et al die res

om in te pas in my omgewing
om reg te wees met die regte lering

Ag nee, ag nee 
en dit vir wat?

Help Here help
ek voel mat!

 
 

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!