Seminaarartikulasie

Dit is 'n gebrabbel en 'n gepraat
oor alles wat groot is
Dit is geselsies oor idees en
tegnologie wat dalk dood is
Daars gedagtes en woorde en
dinge wat oogskynlik mooi is

Nog 'n ding
nog 'n graad
nog 'n artikel
nog 'n gepraat

Die hooggeplaaste van die organisasie
die dinge
die mense
die publikasie
die moord om êrens 'n stem te hê
die daad om te wees
en iets te sê
jou vraag aan die spreker en ander te vra
om jou opinie op die speelvlak uit te dra
En dan
dan....

dan weer....
selfvoldaan terug op jou seminaaartroonstoeltjie te sit

En êrens
êrens iewers
met al die kennis
en met ware wysheid
sit God

en dan.....
Wat is die mens
en sy opinies en idees
oor die tydelike dan?

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!