Evolusieleuen!

Ek, ek in evolusie glo?
en my God maak tot 'n sukkelaar?

My God het die aarde in ses 6 dae geskep.
[ יום
yôm ] dag, nie millenia of eue nie
dag. Dit is dit!


As ek sukkel om dag in die skepping te verstaan
en dag beteken baie meer...


Dan kom my Jesus ook nie in drie dae opstaan nie,
en na veertig dae opvaar na die Hemel nie,

As dag ooit iets anders moet wees, 
is my Bybel nie God se woord nie.

En Lukas  negentien vers nege baie lank
en twee Korintiërs ses vers twee dalk ewig
en my redding nooit


nie vandag nie 
môre dalk
die satan se ou ou leuen


Nee, Nee nogmaals NEE
My God is GOD

En as my Bybel sê 6 dae
is dit ses dae!

Dit is dit
Want op U Woord kan ek my geheel en al verlaat!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!