Ek is jammer, maar wil graag sê. (Nadenke oor 'n stelling)

Hoe druf jy dit sê!
En wie dink jy is jy?
Dat jy met jou woorde houding kry.
Belangrike mense is seergemaak
hard deur jou woorde aangeraak!
Goeie mense vir God se saak.
Hul egos, en eer is aangetas.
Die skoen het gepas
Ai! wat 'n groot las.
Die arme dissipels
met vissiename
geblaas en geset in glas.
Hoe druf jy dit sê!


Hoe durf jy dit sê!
Herhaal tog weer!
Kan jy dit sê
wat makeer?

"Dat almal nie hier werk
vir die regte redes nie"

Wie dan wat,
en hoe dan wie?
Gee jou redes
anders moet ons
praat.
Oor jou verkeerde
houdingsdaad.

My liewe liewe liewe mens,
in retoriek
volg die repliek.

Die antwoord is so opsigtelik.
In die kyk en die staar en elke blik.
In blinke motors oorteffelik.
En in titelletters al te dik.
In die vergaderings agter geslote deure.
Die geskreeu op kinders soos masjien gewere.
In die pos en sy vae omskrywing.
In die houdings
die loop
goeie salaris.
Die onderlingse geskinder
as alles klaar is.
En volgende keer as
iemand sy salaris kry.
Teenoor wie en
teenoor wat verantwoord hy?

Dalk moet ons net die antwoord hierop kry!
Want 1 Korintiërs 10:31
en Galasiërs 5:22,23 en 25
laat wonder my.

Daarna
voel vry!
En kom dan
en raas met my!
En in goeie geloof
en opregte eer
sal jy jou verskoning kry.
Ek is hartseer
en jammer oor hierdie woorde
die intesie
was 'n oproep!
En noodsaak
introspeksie
vir julle
en ook vir my.

"Here asseblief vergewe my
Laat U liefdesgees in my weer die oorhand kry.
En my gedagtes en denke steeds
by U bly
Amen"

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!