Dit is hartseer maar waar...

Ek het vandag tot een besef gekom.

Daar is werklik dinge in die lewe, al probeer 'n mens ook hoe hard, wat jy nooit weer verander gaan kry nie. Selfs al was die verlede hoe, edel en hoe mooi met die beste intensies. Wat gedraai is is gedraai, en soos dit is sal dit bly.

Vir my lê die hartseer egter, dat ek self ook ingeweef is in hierdie realiteit. Die vraag kom egter.. watse opsies laat dit my.

Sit en bly en skop teen die skimmels, van verdraaide opvattings, buite konteks en buite verstek. Die skop maak in ieder geval net jou eie voete seer, en die energie gaan verlore. Energie wat vir iets soveel beters aangewend kon word.

Dit help nie! Dit help nie om te probeer skop nie. Dit maak net seer. Wat nog seer maak is die wete, dat 'n mens tog saam met jouself moet leef oor elke besluit wat jy maak, Is dit dan nou om te bly, of is dit om te gaan.

Die Bybel sê: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, tog dink ek mistas ons die vers. Dalk moet dit wees: Maak die beste gebruik van elke geleentheid vir die koninkryk. Want die koninkryk wat kom, is die werklikheid, en nog 'n werklikheid is dat al die skyn hier sal vergaan. Die koninkryk gaan alles oortref, en daar sal valsheid nie meer wees nie. Geen rede om jou voete te skop nie.

Here Help my om vas te hou aan die koninkryk, om vas te hou aan U. Om steeds in U te groei en nader aan U te wees. Maak Paulus se woorde waar in my.. Maar dit wat ek eers as 'n bate beskou het beskou ek nou as waardeloos.

Vergewe my vir die swargalligheid,
en maak my hart opnuut bereid.
Om in geloof U te volg
en my lewe dienooreenkomstig te leef.

Amen

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!