Woergedagtes in 'n woeste wrede wêreld



Ek is op vleesbaai! En dit is baie baie mooi hier. Dit is die eerste keer in 'n lang tyd dat ek nie eers lus het om my woorde te probeer omsit in 'n gedig nie, want my kop se gedagtes is te deurmekaar. Die Here weet! Ek wroeg, en wonder en kry swaar. Ek is veroderstel om te rus maar die onrus in my kop oorheers alles. En ek weet nie hoe om die onrus te laat bedaar nie. Dit is erg. Hoe gaan ek daaraan uiting gee, hoe gaan ek dit verwerk? Dit weet ek weet die Vader alleen. Hy wat die pad vir Sy kinders se voete gelyk maak, Hy weet, so Here hier gaan dit, skuus as dit weer 'n kommin gedig is skuus as ek onaanneemlik probeer, Here God ek probeer ten minste, en dalk lê my fout daar.....


Here mag ek vir U 'n gunsie vra?
Here tog as dit aanneemlik is,
wil ek in my eie mensgedaante
kom aanklop nes ek is.

Here mag ek vir U 'n pleidooi rig?
as ek kom vra, en ek kom pleit
O Gees van ouds, wat oor die water was
staan my by in my angstigheid.

Here dankie dat U woord wel stel
U kinders het die reg dis wel
Om in U troonsaal in te bars
met huil met lag n vraagbevel

Here U ore is nooit te doof om hoor
en my hele lewe is nog voor.
'n Lewe wat U nou in 'n asemteug kan kortknip
en my gees die wêreld skielik omglip

Here ek vra liefde sag,
Genade op genade U dierbre krag
Om my in siel en liggaam en in gees
te hernuwe deur U Gees

Help my Gees van God ek vra
Sê tog in U troonsaal Ja
Dat hierdie mens hier op die aarde
vir U mag word 'n kind na waarde!

Amen

*~*~*

Here daar waar liggaam en siel gebroke lê
êrens in 'n vreemde hospitaalbed
Here daar is my Gebed:
Staan by Here!
Help God!
Werk Gees!
Red!

Dit vra ons
in nedrige afhanklikheid
as mense in die wrede wêreldse
verganklikheid

Asseblief Here
Maak my Amen Ja


*~*~*

Die Here sëen my werklik om tans te kan sit hier waar ek sit,
op 'n stoep by vleesbaai, by baie dierbare mense!
Dankie Here dankie so, vir hierdie week van genade!


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer