Maranatha Bana - So sê jy

Maranatha Bana! So sê jy?
Ons wil al die kinders by die Here kry!
Maranatha Bana, liewe land!
Waarom is jou voorbeeld dan so astrant?

Maranatha Bana! So sê jy?
Verduidelik waar jy jou evangelie kry!
Is jou evangelie die een van Johannes
of soos die van Judas heeltemal anners?

Maranatha Bana! Waar tog heen?
As op elke hoek en elke steen
'n Bordjie van gesag tog hang:
Spreek my aan! ek het rang!

Maranatha Bana, mag ek vra:
Is dit Jesuskleed wat jy daar dra?
Of is jou eie titelregte, grootmond en salariskaal
Dit wat jy vir die wêreld oor God se liefde straal?

Maranatha Bana! Se nou net..
Dis Jesus self wat kom aanklop het
Wat sou jou houding dan tog wees?
Helaas dalk weer 'n.... Annaniasgees


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!