Hope en hope dinge

Daars 'n hoop flenters in die linkerhoek
en in die regterhoek stapel hartseer op
In die middel 'n hoop grond waar drome begrawe lê

Daar is blaaie met woorde uit my lewensboek
en die omslag is weg, 'n papierdop
Die ink vervaag waar trane, hartseer woorde sê

Daar is hope en hope dinge
met saggehuilde oë
van wanhoop
van gister se eergister
en eerderjaar se voorjaar
weg

Die deur staan oop in die middelkamer
waar eers die duiwel listig was
sy leuenkan omgeval met bitteralg
vermom as heuning

Daar is hope en hope dinge
met saggehuilde oë
van wanhoop en bitteralsvergiftiging
van gister se eergister
en wat immersoet in die hede was
is nou sleg

Mag deur die deur in die binnerkamer
waar nou die hope flenters lê
en my boek se blaaie plek plek lê
êrens 'n stem van liefde sê:
"Maak gou!, bring klere.."

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer