Bobejaanprobleme

Die een probleem klim op die ander een se rug
en hardloop soos dronk bobejane rond.
Die een probleem het afgeval, kyk die klug,
en lê pens en pootjies op die grond!

Skreeuend rasend op en af, skreeu en gaan al maller
lok dit nog probleme by
heeltemal, altemal kens en laf, kom daar nog bobejane by
waar's tog raad? hou maar verby, raak die uitkoms smaller.

Die domme bobejaan se rug is seer
Wat gaan hy sy probleem kinders leer?
Nog 'n skreeu en nog 'n raas
Wie's tog koning wies tog baas?

Kom bobejane maak lawaai
Daar waar die maroelas koning kraai.
Nog 'n sopie lekkerny
Almal kan 'n happie kry

Ai, bobbejaan jou domme ding
Wat gaan jy vir jou kinders sing?
Eendag in jou sterwensklere
Dalk voel jou kinders dan ook vere!



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer