Kringskade

Die selfmoord in die buitekring
het 'n merk gelaat en deurgedring
tot in my diepste wese!

Die tyding was so ongevraag
en die gedagte het my uitgedaag
wat doen jy nou na dese?

Die lewe se kortstondigheid
En daarna God se ewigheid
ontnugter stelle vrese

In 'n warboel denkgedagtes
' n sielegees lys van klagtes
stadig statig afgelese

Here Red tog hierdie mens
en dring deur elke satansgrens
Om met elke genadeasemteug
my in my Skepper te verheug!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!