Oppad na Berlyn, met 'n kredietkaartpyn. Genade tog!
Dag twee in Frankfurt. Vandag moet ek uit die staanspoor 'n lekker dag! Die ontbyt by die hotel was heel lekker, glad nie die tipes ontbyte wat ons in SA by die Holiday Inn kry nie. Ons het lekker gesmul aan roomkaas, en 'n magdom verskeidenheid brode. Mensig die Duitsers is bobaas bakkers, en is geplaas op die wêreld om te bak en te brou. Ons het die verskeidenheid broodsmere geniet, van sjokolade tot en met die lekkerste vrugtekonfyt en heuning. Na ontbyt is ons met die bus na die hooftreinstasie om op 'n Hop-on-hop off busse te ry. Dit was soos gewoonlik baie leersaam, en 'n mens doen sommer nuwe insigte oop. Wie het geweet dat Frankfurt eintlik Europa se finansiële hoofstad is, met een van die grootste "bank-digthede" met meer as 400 hoofkantore van banke wêreldwyd. Ons het ook geleer van hoe erg die tweede wereld oorlog werklik was, en dat meer as 90% van die stad amper heeltemal verwoes was tydens die oorlog. Die Main revier is werklik mooi, en die blaar...