Sondag Oggend.... Alweer


Dit is nou Soundag Oggend 06:15, soos wat jy seker uit die titel van hierdie pos kon aflei. Ek is weereens nie lus om na my eie gemeente toe te gaan nie. Ek weet nie die keer wie preek nie, maar die lus ontgaan my. Daar is soveel struwelinge in my hart dat ek werklik sommer naar voel. Gisteraand het ek my ooreet, en ek voel nou baie sleg daaroor. Sal dubbel so hard moet oefen die week wat kom. Dit is jammer dat kos in 'n sekere mate vir my 'n ontvlugtingsmiddel geword het. Help Here in hierdie aspek van my lewe, asseblief!

Gisteraand het ek op TV gekyk na die heruitsending van Wally se hart. Dit was vir die wat nie weet nie 'n direkte uitsending van 'n hartomlyning van 'n persoon. Die grafika en beeldsending was regtig eksplesiet. Dit het my geskok, en sommer ook nog slegter laat voel. Ai. Dit is wonderlik wat die Here die mens toelaat om in die mediese wetenskap te verrig. Vroer jare was 'n hartoorplanting 'n groot debats, en besprekingspunt van die kerk. Deesdae sal dit dalk nie eers vir bespreking verwys word nie. Om te sien hoe die dokters iemand se hart laat stop deur koue water met ys op die hart te gooi, was iets om te beskryf; en wat op daardie oomblik deur my gedagtes gegaan het toe ek dit sien, kan ek nie in woorde omskryf nie. Gisteraand laat het baie gedagtes by my opgekom, toe ek nabetragtend aan die beeldsending dink. Ek het nie die hele uitsending gekyk nie, dit was te erg vir my! Maar dit wat als deur my gedagtes gegaan het, was amper nog erger. Ek het gedink aan hoe sagkuns en teer die Here se Gees met 'n mens werk, hoe altyd Sy geneesheer genadehand altyd daar is. Hoe Hy as die Meestergeneesheer, met die spreek van 'n woord 'n kwaal, ja selfs die dood, kan oorrompel. En hoe die mens, en spesifiek ek, baie keer al daardie Hand weggeklap het, en self probeer oorneem het. Vergewe tog Here.

Om terug te kom na vangoggend: Jy sien, ek wil nie na ons gemeente toe gaan nie, want ek mis iets daar. En ek kan nie my vinger op die presiese kol plaas nie, maar wel in daardie rigting; Ja ons sing lekker, en ja die gemeente is goed, en die mense gaaf. Die probleem wat ek egter het is; "Wil Christus ook deel wees van ons erediens? Is Hy tevrede met wat daar gebeur? Is dit wat verkonding word werlik in lyn met Sy Woord?, Is dit nog sy woord?" Ek is al uitgeluister, deurgeluister en naargeluister aan teologiese waarheidsbeginsels, universiteits konferensie artikelaanbiedings, en soms die konstante geskree van 'n predikant soos 'n baalpriester agter sy offeraltaar. Dit is tog nie hoe die Liewe Heer self gepreek het nie? Ek glo nie so nie, ek kan nie so aflei nie? Hoekom word party gedeeltes in die Bybel net nooit meer gelees nie? Waar is die Wet in ons erediens? Baie mense sal se: 'Ja, maar die wet in die Erediens is net soos 'n ge-eikte tradisie. Ons staan nie meer onder die wet nie' Dit is seker waar, maar my mening is anders. Die wet is vervat in die liefde wat ek vir God en my naaste het, en die 10 gebooie is vir my 'n barometer om te sien hoe ek met my liefde teenoor die Vader en met my naaste staan. Hoekom, is dit weg in Onderstepoort? Hoekom is so baie eredienste 5% Bybel en 95% ander goed? (Meskien oordryf ek, maar dit voel so....)
Kinders leef in 'n wereld waar identiteit, so 'n kardinale rol in hulle lewens speel. Wie ek is en wat ek is, en wat ek glo. Waarheen het die 12 Artikels verdwyn in ons gemeente? Hallo? Kan iemand my se? Hoeveel gemeente kinders ken dit nog?
Here moet tog nie U toorn oor my laat ontvlam, omdat ek so voel nie. Dit was nie altyd so nie, U weet dit. Here ek wil ook nie he, dat 'n erediens skeingodsdiens moet wees nie. NEE dit moet wees waar U Woord, op die lippe van die prediker geplaas word. Waar U Gees self die woorde in die harte van die lidmate saai, sodat daar metanoia kan plaasvind. So baie keer vrae ek my die vraag af; Se-nou-ma iemand wild vreemds, ongered en met 'n diep geestelike nood kom woon vanoggend se erediens by? Sal die persoon 'n ander mens daar uitstap? Ai Here, gee dat die tweekantige swaard van U evangelie in ons gemeente verskerp word. Of nog beter Here, gee weer die regte swaard. Nou staan ek ook skuldig Here, ek staan skuldig omdat ek so selfgesentreerd is, as iemand wild-vreemds in die kerk in loop. Ek sit daar, baie keer in so geval, en soos die res (of amper almal) maak ek self nie eers bemoeienis met die persoon nie. Here dit is 'n aanklag teen my, dis 'n aanklag teen my onbereidwilligheid, om nie U skoene aan te trek nie. Vergewe my tog Here!

Here gee tog dat as daar vanoggend iemand vreemd by die kerk is, dat ek bemoeienis met daardie persoon sal maak. Herstel my hart se ingesteldheid. Help my om my skoene te poets, die modder af te skud, en te mars!

As ek nog kan bid, en vra...

Here gee tog vandag dat die nog die duiwel, nog die hoogmoed, en nog die selfgesentreerdheid vandag die oorhand kry by die unieonderhandelings wat netnou hervat word by die werk. Gee Here insig, wysheid, krag en deernis. En laat die staking tog groot asseblief tot 'n einde kom. Ek bid dit in diepe afhanklikheid (glo ek saam met baie ander) in U Naam.
Gee ook Here dat daar vandag, deur die kragdadige inwerking van U Heilige Gees, mense tot bekering sal kom onder die geklank van U woord, en die verkondiging van U blye boodskap, tot redding van die Wereld. Gee dit ook so in Onderstepoort.

Amen.


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!