Skielik onder my UIT!


Ek was nog besig om hierdie, webtuiste oop te maak om aan te teken... En Toe.. En toe...
En Toe.... Toe breek die stoel waarop ek sit, onder my uit! Kaplaks val ek op die grond met my hele gewig op my mees vervulde gedeelte, en die voetstuk van die stoel is in twee. Genugtig!

Dit is nou regtig nie hoe ek vandag se gedagtes wou begin nie, maar so het dit toe begin. Ek is tans besig, om 'n boek te lees. Eintlik is dit 'n baie baie dun boekie, maar ek lees party van die bladsye twee keer, en het al vir die derde keer sekere gedeeltes gelees. Ek is sopas klaar met hoofstuk een, en wat nou met my gebeur het aangaande die stoel is presies iets wat in die boekie deur die skrywer op 'n sekere mate geillustreer wou gewees het.

Kom ek skryf eers so ietsie oor die boek self, die boek is 'n Afrikaanse vertaling van wat alombekend beskou word as een van Amerika se beroemdste preke, gelewer deur Jonathan Edwards.


Een van die punte wat die predikant maak is die feit dat die sondaar se voet enigetyd en onverwags kan gly. Hierdie gedate toe die stoel onder my uitgly was die eerste een wat by my opgekom het aangesien, ek net 'n paar minute vantevore weer deur die eerste paar punte in die boek gewerk het. Die boek, noodsaak 'n mens om weer te dink, en MET ERNS te dink aan jou eie verhouding met die Verlosser en waar jy met Hom staan?

Dit bring my by my tweede gedagte, seker die een wat ek van tevore my hoofgedagte wou maak op hierdie tweede gedagtetuistewereld van my, i.e. die stand van die Predikking in ons land met betrekking tot, die NG Kerk, spesifiek met verwysing na die tipes preke wat gelewer word, waaraan baie lidmate blootgestel word.

Ek het die volgende teorie: 'n Groot deel van die tradisionele NG Kerk lidmate hoor nie meer die tweede kant van die Evangelie nie!

Wat sal dit wees mag jy vra?

Wel die kant van die HEL! wat net so 'n waarheid is as die van die Hemel.

Daar word myns insiens nie genoeg klem gele op die eersgenoemde nie, bloot omdat ek dink dit te doen het met die volgende twee gedates:
  1. Die waarheid van die Hel staan nie meer die hedendaagse prediker aan nie. (Met verwysing na die oorhoofse NG Kerk Milieu) - Indien jy HEWIG en driftig met my oor hierdie saak verskil, vra ek jou om eers 'n klein eksperiment te doen: Tel hoeveel keer die woord Hel (of die sinonieme) daarvan in die volgende maand se preke gebruik word. Of gaan kyk sommer hoeveel maal is dit oor die aglelope jaar in die preke gebruik.
  2. Die Hel is nie meer vir die hedendaagse predikant 'n Werklikheid nie, en soek ook nie die Noodsaak van die verlossing nie. Weereens vra ek, hoeveel Waaragtige BEKERINGSBOODSKAPPE is die afgelope maand of twee in julle gemeente gepreek?
Ek skryf hierdie nie neer omdat ek net wil gal braak nie, NEE ek skryf dit neer omdat ek glo ek nie meer die enigste lidmaat is wat so voel nie! En ek soos baie ander is baie hartseer daaroor.

Hartseer omdat ek strek glo dat dit nie is waarop die kerk waarvoor ek steeds lief is aanvanklik gebou en gefundeer was nie. Die algemene NGK familie het nie meer predikers soos: Dr Willie Marais, Ds Danie Steyns, en Prof Kolie Kotzes nie. HOEKOM nie vra ek?
Dit is 'n vraag vir 'n heel ander keer.

Nou ja wat is die regte benadering tot hierdie dillema?

Wegloop? Ander kerk soek? Die kerk loop en slegmaak by ander?
NEE, NEE, NEE en WEEREENS NEE

Eerstens gaan ek hard bid, bid vir herlewing, bid dat Christus die gemeentes se oe sal oopmaak, en hulle verstand sal ophelder.

Dit is tog waarin ons krag moet le? Nie waar nie?

Gelukkig kan ek al die verandering in my eie gemeente begin raaksien, en daarvoor is ek baie baie dankbaar!

Tot volgende keer.

B
===============================================================================

Die volgende is 'n sinoptiese ekserp van die boek by:
Augustine Bookroom, in Pretoria
http://www.augustine.co.za/product_view.php?prod_id=4619

Sondaars In Die Hand Van 'n Toornige God
Edwards J.

Amerika se Beroemdste Preek.
Sondaars In Die Hand Van 'n Toornige God Die preek wat 'n hele stad omgekeer het Die gemeente van Enfield se reaksie op hierdie preek was absoluut verstommend: Edwards is telkens onderbreek deur uitroepe van "wat moet ek doen om gered te word?"

Jesus Christus het die deur van genade wyd oopgegooi en Hy roep almal om sy uitnodiging aan te neem. Jonathan Edwards skilder 'n helder beeld van die dilemma van elke sondaar en louwarm Christen. Deur sy woorde kan jy ontdek wat dit beteken om God te volg. Edwards beskryf op meesterlike wyse die twyfelagtige posisie van mense wat nie reageer op Jesus se aanbod van liefde en vergifnis nie.


Meer oor die preek by: http://en.wikipedia.org/wiki/Sinners_in_the_Hands_of_an_Angry_God
Most famously preached on July 8, 1741 in Enfield, Connecticut, "Sinners in the Hands of an Angry God", is Jonathan Edwards' most recognizable sermon.

===============================================================================

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!