Daeraad van 'n besluit

Gebroke hart
verdorwe dinge
alles gesetel in gemeente kringe

Bose kringloop van haat

Gebreekte hart
verkrimpte raad
vergaderingstafel, onheils daad

Omtreking betrekking heel geskaad

Gedigte meneer
wat wou jy meer...
En jy wil ons van liefde leer?

'n Profeet van Jesus jy?


Die daeraad 
van 'n besluit
Jou lewensbestaan, jy moet hier uit

Die kerk's nie meer vir jou nie!


Verplaasde hart
hartseer dinge
alles gesetel in gemeente kringe

Bose kringloop van haat
.......

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!