EnkelEnkel-IetsweesIs

Enkel-Enkel
Ietswees-Is!
Daars te veel van hulle dit is gewis!

  ~~**~~
 
Dit gaan oor die uiterlike skyn
Satansgedagtes met verborge pyn
Wat baie later kop uitsteek

Dit is als gebaseer op 'n tyds-ilusie
Die verganklike liggaam in prima kondisie
Wat tot stof sal terugkeer

Dit is blink, en oordadig
Die begeerte nooit versadig
Om êrens iets te wees

Dit is grootnaam klere
en ontwerper juwele
Aangeskaf om hier te wees

Dit is die amper skyn
wat soos mis verdwyn
As die waarheid daaroor val

Mooi verwronge
Self beskonke
Smag na 'n leuen bestaan


Na liefde
na dit wat makeer
Na die ontbreke


Leuen-Leuen
Hartseer keuse 
jonk-en-mooi-bedwelmdheid

en as jy oud is....smag
na iets
selfs enige iets


O God!
Enige iets!
Om los te kom!

Waar kom jou hulp vandaan?


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!