Evangelieproduksiekomgerusweer

Die produksie moet perfek wees
vir die eerbiedige gaste
gering getoonset vir die fynproewer se oor

want dit is 'n maatskappy hierdie
die kompetisie is kwaai...

Die preekstoel is weg,
maar die verhoog staan reg
gesnaar vir die insameling
die week se verwondering-verkondiging
van een of ander evangelie
soms uit 'n epos uit

Dit is jollie patrolie en lekker hier
kom na ons gemeente toe (so lees die aankondiging)
Elke jaar hang ons liggies aan 'n boom

En as dit nie blink genoeg is nie
voor in die kerk ook
in die straat, en op plakate



Hier verskaf ons verskillende diense
psigiatries, beradend, en 'n kamp of twee
'n ware plek waar jy jou talente uit kan leef
jy kan saamwerk, en meewerk, en diensbaar wees
en dit doen jy alles gratis vir ons, 
en mits jy jou bydrae gee
mag jy ook op die bestuursraad wees

Askuus tog...
Askuus tog... Is jou nommer op die databasis?
Die dominee wou graag weet;
dit lyk of daar iets met jou bydrae skeet.

Vermaaklike musiek
met mildelike bydraes
afgewaterde preke
en helse rouklaers

is aan die orde van die dag...


En as die produksie goed genoeg is
Kom gerus weer...
Ons soek jou ou geldjies elke maand weer........

Evangelieproduksiekomgerusweer
ter wille van oorlewing.






Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!