Vir my eie kop, oor ewolusie

Heb_11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

En as Jesus self sê:

Mar 10:5-6  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

Wie is ek om te stry dat God my gemaak het.

En as jy in evolusie glo, moet jy teen die Bybel skop oor die volgende perikoop:

Gen_1:24-26  En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Nie, na-aap, na-aap, na-aap......... Miljoene jare dan mens nie.... En wat van die arme ape wat steeds hier op aarde is, hoe moet hulle nie voel nie? Hulle het 'n 'raw deal' gekry. [Dalk moet hulle 'n unie stig en by die menseregtekomissie gaan kla?]

As ek oor dermiljoene jare moes onstaan het, ek ek dit moet glo. Hoe lank kan my redding proses dan nie wees nie? Ons word dadelik gered, as ons tot bekering kom en die deur opmaak as Christus kom aanklop aan ons hart. As tyd iets anders moes beteken, kan Christus dalk jaaaaare, dalk duisende jare vat om die deur oop te maak, en dan sou dit meen dat sou ek teen daardie tyd, lankal in die verderf was.
 
My verlossing is gebaseer daarop dat ek die volle woord van God aanneem, Sy skrif hier op aarde as handleiding vir die mens.



My een vriend sê altyd, as die mense sukkel om die eerste gedeelte van die Bybel te glo oor die skepping: Watter ander dele sukkel hulle ook mee?

NÉÉ: 1Titus 4:9  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;

Ek glo dit... dit is dit :-)

*~*~*

Ek het hierdie stuk geskryf vir myself nadat ek hewige tëekanting gekry het omdat ek 'n (? en 'n skakel na 'n vorige post en my eie komentaar daarop:) gemaak het oor 'n prent wat evolusie as wetenskaplik voorhou.

Vorige posts en kommentaar:
http://bertiebuitendag.blogspot.com/2012/05/evolusieleuen.html

en daar is in baie duidelike terme aan my gestel is dat ek moet: "wake up and smell the roses"

Ek glo die Bybel! en hou baie van God se rose op aarde.  


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!