Jy sê, wat nê? n.a.v 'n boodskap

Jy sê jy wil iets eksta doen?
Is jy gek en van jou kop af?
Jy dink jy gaan dit beter doen
Jy is nou sommer laf

Jy hoop dat jy 'n verskil sal maak
jy's kens! Laat lees jou kop!
Jy dink jy werk vir 'n goeie saak
Jy's mal, dit is als 'n flop

Jy sê, jy hoop dit is gou verby
die gevoel wat in jou heers.....
Jy wonder wat die wêreld dink
maar ongelukkig, eks bevrees:

Die boot is besig om te sink.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!