Flardeflenterrepies

Dit is in flarde Oom
Dit is in flarde
Dit is soos die trane wat van my wange afrol
as ek oor eergisterjaar se eergisterjaar dink
Dit is regte trane

Die goeie dae van gister
Maar dit is in flarde oom.
Dit hang soos repies
elk aan 'n garingdraad

Geskeur, gedons, gewremel
en êrens tussenin
die niks
die haat

Môre groei die bôggerôls weer welig
Een oormôre skiet dit saad
gekunsmis deur lëe woorde
en 'n oopmond gekouery

Domonosel dremels
met drêk wortels
uit die vreemde
Wat soek julle hier?

Met'n vraatsigheid vir my gedagtekunsdoek
wat nou in repies hang
aan 'n draad
Ja, dit is in flarde oom

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer