Ai togga ou Dikstes

Hello, Ou dikstes!
Ou Dikstes de Beer.
Aangename kennis
Ek hoor jou hart's seer.

Ag togga! ou dikkes
ou rooihuid de bruin.
Al jou gewerskaf
so alles in 'vain'

Ag gatslag, Gerhardus
ou dikkes de beer
Wanneer de dôner gaan jy
jou les dan tog leer?

Jy hoor nie,
jy wou nie
jou mond tog meer hou nie.
Want was jou mond stil
was jy nie waar
jy is nou nie.

Ag togga! Ou dikstes!
Ou Dikstes de Beer.
Probeer dan maar môre
'n ander dag weer!

En se dan vir môre
se môrens
Koebaai
Ag togga! Ou dikstes!
Stil bek! Hokaai!

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer