Gedagtes oor....

Liewe Here


Hierdie week bêre ons die boeke van twee lewens op aarde, en soos elke keer noop dit mens om introspektief en 'ekstrospektief' na menself te kyk. Ek weet nie of daar so woord is nie Here maar ek voel dat ek al hoe meer moet kyk na hoe en waar ek in U raadsplan inpas.  Dankie vir genade, dankie vir liefde en dankie vir die wete dat U altyd daar is, altyd daar was en nog altyd sal wees.


Dankie vir getroue dienaars wat U woord verkondig,U ware Woord gebring en verkondig tot verlossing en redding vir die mensdom aan almal wat U aangeneem het, en almal wat U stem hoor.


Ek bid Here dat daar opnuut by elke mens die taak van visser en visser van mense sal wees, soos wat U ons in U woord beveel.


Bring en gee dat elke aardse dienskneg van U, die taak opnuut besef, die erens daarvan aanvoel.


Dit kan ons net bid as U gees in ons is.


Laat ons gebed nie ongesiens laat verbygaan nie. 


Here te veel boeke maak op aarde toe, sonder U goedkeuring,


Hoor ons pleitgebed


Amen





Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer