Ek dink ouma sou oorstelp wees.....

Sy het gaan sit op die groot bruin uitskopstoel
en haar hande oor haar seer kniee gevryf.
En soos male sonder tal, en elk oggend aand tevore 
haar hart, gees en wese na die hemel 
na haar God
in gebed gerig.

Die gebed was vir almal
almal wat vêr was
almal wat naby was
en almal wat om haar was.
Ook haar familie en haar kinders
en haar kleinkinders.

Dit was vir my altyd iets besonders,
om Ouma so te sien bid. 
Statig, met gewone woorde en diep eerbied
dieper nou as ek daaroor terugdink.
Geen saak was ooit te simpel of klein daarvoor nie.
Oupa was klaar huis toe
Ouma was alleen,


en my oom Johan was tale keer
in smeekgebed aan God gewy.
En eenkeer op 'n dag 
êrens in die onlangse verlede
het God haar gebed verhoor.

Oom Johan is die week huis toe.
En as ouma nog geleef het
dink ek sy sou oorstelp van blydskap gewees het.
En ouma sou in haar gebed die week
God geloof en prys het
en aangehou bid het vir die ander. 

  ~*~*~

Johan Nicolaas Buitendach

20 Februarie 1944 ~ 22 Desember 2011



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!