Gebed, sommer so kop na bo

Ons bid vir genade
Ons bid vir rëen,
ons rig ons gebede
en vra vir sëen

Na wie en na watter
element in die lug
'n beeld op 'n tafel
of 'n boekgeskrewe klug?

Ons hou vas aan genade
en glo in vergifnis
wat ons daeraad en lewe
se hoeksteen pilaar is

Vandag liewe Here!
Draai u oor na my
U wat die lewe gemaak het
staan my by

In hierdie donkere duisternis
van siekte, hartseer en bekommernis
vra ek dat die GROOT EK IS
met my sal wees, en bly

Here gedenk tog aan u kind
wat in donkerte u hand wil vind
om deur die nuwe donker dae
by u te wees in die lewensslae

Asb...

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!