Rondomwarboeltuimeldinge

Daar is allherhande dinge
in my gedagtekringe
dit is mooi
dit is goed
dis is net

Daar is nuwe kleure
en nuwe geure
dit is daar
dit is waar
dit is net

Daar kom nuwe tree
en vreemde wee
dit is so
dalk van bo
dit is net

Daar is vreemde dinge
in my gedagtekringe
en so
ja so
is dit net

Ai Liewe Here
Dit skommel tekere
en ek
ja ek
is bang

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Sondag Oggend.... Alweer