O tyd! en ewigheid


Dit is 'n Fatale plek hierdie!
Die aarde met sy tydsgebondenheid,
en die genadelose tyd maak almal seer
van staatspresidente,
en die van koningsparlemente.
Niemand op hierdie aardse opera teater
vol van hartseer,
verdriet,
en die onverwagte
is nie
'n slagoffer
nie!

Dit is 'n Brutale plek hierdie
En tyd is genadeloos, met al sy kontakte
oor al die wêreldgrense heen,
almal is in hierdie tyd
deur die aardse baan na die ewigheid.
Niemand op hierdie aardse speelvlak
vol van haat,
verwyte,
en die onbeplande
spring
dit vry
nie
!

Maar wat sal ons gevolgtrekking wees?
En wat sal ons kan sê
teen hierdie fatale pandemie
vol brutale listigheid.
Ek weet nie
maar dit weet ek:
Geen niks,
alleswaar niks
of iets anders
kan ons van
die liefde van
ons God skei
nie!

[Opgedra aan almal wat in hierdie week deur 'n swaar tyd was, en nog sal wees...]

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!