Evangelie-prrek-Pleidooi

Agge Nee, togga Dominees
Agge Nee!
Agge Nee!
Was vanoggend die beste wat jy vir die koninkryk kon gee?
Was dit regtig?

My hart is gebroke
en my siel is ontstoke
jou boodskap was leeg!

Agge Nee, Togga Dominees
Agge Nee!
Agge Nee!
Waar is al jou jare se opleiding vanoggend heen,
en ons kerk se teologie van redding?

En waar was jou perikoop
jou bybelse mikroskoop
om in siele in te grawe?

Agge Nee, Togga
Dominees
Agge Nee
Agge Nee!
En wat van die mense wat vanoggend die eerste
maal , na jare dalk weer in die kerk was?
Die herderloses!

Wat van hulle?
en wat van hulle wat goddeloos ronddwaal
Sou hul werklik kon besluit om vanoggend die Here te kies?

Agge Nee Togga Leraar
Agge Nee
Agge Nee!
Ek het gesien hoe party van die oue's hulle koppe skud
en met steeds dowwe oë uitstap.

Want: Op jou lering kon ons nie Amen sê nie
en ek dink nie dit is wat die Here sou wou hê nie.

Asseblief Liewe Dominee
Asseblief
Asseblief
Herdenk tog weer jou bevestigingsbelofte
Jou eie persoonlike preekgelofe

Jy's deur God in hierdie koninkryks amp gestel
slaan tog ag op sy bevel:
en, Pas Sy skape op!

En ek my liewe broer in Christus
die vinger wys helaas ook na my!
Ek moet meer in my gebede:
u opdra aan Sy sy
want so sê Kollosense 4 vir my.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!