Nog 'n: "Skep 'n rekening asb."

Daars derduisende miljoene op 'n internetboek
sommige met prentjies,
sommige daarsonder!

Daars derduisende miljoene koneksies
sommige as vriende
en ander as kennisse

Daars dermiljoene aantekentransaksies
en net so baie inskrywings
meestal oor die Hier en nou

Tog êrens anders is daar nog 'n boek
waar die aantekening en validasie slegs eenmaal is
dis die vrywillige registrasie wat aan almal:

Die ware lewe ewig bied.

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!