Gebed op die stoep




Here! Ek dink te veel oor môre...
Dat ek vandag skoon mis,
en die gisters is heeldag by my

om my drome uit te wis.

Here gee tog dat vandag

gister se uitveer is

en môre se wetes merkbaar stel

dat die toekoms in U hande is.


Here Christus lewende God

openbaar uself aan my

en werk onomwrikbaar in my gemoed

dat my gees tot U aangekleef bly.


Ek wat soms in duistere gedagtes dwaal
versoek, genadiglik diepafhanklik
dat Here;
U my gedagtes snel gevange sal neem

en met U Gees sal vul, so onverganklik.


Here, ek vra dit in geloofsvertoue

en met dankbare vrymoedigheid

Kom maak dit waar in ook my lewe

en wis die Satanswerke uit!


Amen

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!