Koebaai tyd




Daar was 'n tyd.....
'n beter tyd
eenmaal eens in 'n omwenteling
Waar eenmaal ek
in daardie tyd
geliefd was
as 'n enkeling


Daar was 'n tyd

'n mooie tyd
weggepak in mooi herhinderinge
waar eenmaal ek
in daardie tyd
n mens was
in mooie lewenskringe


Daar was 'n tyd

'n lankterugtyd
verweg op 'n plot
waar eenmaal ek
in daardie tyd
ook kind was
saam my God


Daar was 'n tyd

so mooie tyd
met oorvloed liefde lag
waar eenmaal ek
in daardie tyd
kon wonder
oor 'n dag


Toe kom 'n tyd

'n ander tyd
wie sou dit ooit kon raai
dat eenmaal ek
in hierdie tyd
vir daardie tyd
kon sê
koebaai

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan 'n vriend

Here dankie vir my vrou!

Maak 'n PATATROL. Aanbeveel deur die Hartstigting en Orgaanskenkersvereniging, 'n Weighless Top Ledewerwer!